10 vrae vir persoonlike Bybelstudie

Ware lewensvreugde lê daarin om jouself voortdurend en aanhoudend in God se Woord te verdiep (Psalm 1).  Hier is iets om jou daarmee te help.  Kry vir jou ’n gedeelte, en antwoord dan die vrae.  Dit werk op enige gedeelte – toets die bietjie!  Dit werk!

  1.  Wat is my teks?
  2. Wat is die hoofgedagte van die gedeelte wat ek gelees het?
  3. Wat word gesê van God die Vader, die Here Jesus en die Heilige Gees?
  4. Watter beloftes, versekering of opdrag is daar?
  5. Watter voorbeeld is daar aan my gestel om te volg?
  6. Watter waarskuwing of gevolge word aan my gestel?
  7. Watter ander verse is daar met dieselfde betekenis?
  8. Wat verstaan ek nie?
  9. Hoe kan ek die Here antwoord op die gedeelte?
  10. Wat kan ek bid?

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui