Boland @ C-Kamp

Die Boland seekamp…elke jaar, op (min of meer) dieselfde tyd en soms op dieselfde plek. Hierdie jaar is dit weer by Disakloof naby Betty’s baai van 6-10 Desember 2019.
Ons tema hierdie jaar is: Wat is jou storie? 
Nee regtig, wat is jou storie?  Jou storie is God se storie met jou!

Kom kamp saam, leer saam, bid saam – daar is hele paar skitterende dinge wat voorlê – vriende, lofprysing, natuur, sand, see, golwe, ongelooflike lekker kos, bidbuddies, “fun and games” en so kan ons aangaan.

Wie: Alle Graad 8-12’s
Wanneer en hoe  laat? : 6-10 Desember 2019. Ons begin 14:00 en maak kla 12:00 die 10e.
Waar:  Disakloof – Betty’sbaai
Waar is die terrein?   Clarens Drive, Betty’s baai.   GPS: S34o 21′ 3.992″ E18o 55′ 4.47″
Kyk gerus op www.disakloof.co.za vir meer inligting

Teken hier in!

Bring saam: Beddegoed (daar is matrasse), Bybel, selfoon, pen, ekstra kussingsloop, instrument, klere, swemklere, handdoek, “snacks”, flits (vir as jy bang is vir die donker).
Koste: R750  Dit sluit in (chalet verblyf, baie kos, al die aktiwiteite.) Skryf so gou as moontlik in.  Inskrywings sluit middel November.

Vir enige navrae skakel gerus vir:
Reynold Fourie by 084 7076 276 of reynold@gkbo.org.za
Dinant Zwemstra by 0836018986 of dinant@gkstrand.co.za  
Banie vd Walt by 0833935875 of banievdwalt@gmail.com

Bankbesonderhede:
Bolandjeug
Capitec
Tak:470010
Reknr:1599793340

Stuur asb bewys van betaling na bolandkamp@gmail.com as jy sukkel om die vorm aanlyn op te laai.


Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.