Bou die Kersfees-teksverse

Knip die blokkies uit en skommel die teksvers se woorde. Pak dit uit om weer die vers te vorm. Dit begin maklik en word al hoe moeiliker. ’n Prettige manier om teksverse te memoriseer!

Kliek op die prentjie of hier onder om die pdf af te laai.

Hier is vier teksverse, en jy sal ook op die laaste bladsy van die aflaaistuk dié verse in hul geheel op een blokkie kry.

  1. Matteus 2:10 “Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly.”
  2. Jakobus 1:17 “Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo.”
  3. Lukas 2:14 “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het.”
  4. Lukas 2:11 “Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die verlosser gebore, Christus die Here!”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui