Voorbereiding vir die bou van die tempel

1 Kronieke 22:2-19

Voorbereiding vir die bou van die tempel.

Laai hierdie Bybelstudie as ‘n pdf-dokument af.

  1. Lees 1 Kronieke 22:2-19
    • Wat merk jy op uit hierdie gedeelte wat vir jou bekend klink?
    • Watter belangrike vergelyking kan jy uit hierdie gedeelte tref? Gebruik vers 5 as leidraad.
    • Wat was hierdie gebou wat Salomo moet oprig?
    • Hoe beskryf vers 5 hierdie gebou? Hoe moet hy lyk?
    • Dink terug aan ons vorige Bybelstudie uit 1 Korintiërs 3:9-23. Wat was hier die tempel gewees?
    • Watter rol behoort ons “tempel” vandag te speel?
    • Hoekom het Dawid nie self die tempel gebou nie, al het hy alles gehad wat nodig was om dit te doen?
    • Ietsie vir interessantheid! Wie weet wat Salomo se naam beteken?
    • In hierdie hoofstuk word daar deur Dawid aan Salomo baie duidelik verduidelik wat van hom verwag word in die bou van die tempel. Bestaan daar vir ons ook so duidelike riglyn êrens om te sê wat van ons verwag word met die bou van God se koninkryk? Verduidelik.
  2. Leer weer vers 19.
    • Hoe sou jy sê is hierdie hoofstuk op ons lewens van toepassing?
    • Enige opmerkings of vrae?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *