Kategorie se argiewe: Kinders

Memoriseer Bybelverse

Psalm 119:105 sê: “U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.” Help kinders om die waarheid hiervan te ervaar. Begin deur hierdie Bybelverse te memoriseer.

5 Wenke om te memoriseer

  1. Begin klein
    Moenie met ‘n lang of moeilike vers begin nie. Begin eers met een kort teksvers. As almal moedeloos is, moenie van die kortste vers in die Bybel vergeet nie: “Bid gedurig” (1 Tessalonisense 5:17). Die teksvers voor dit, “Wees altyd bly”, is ook ‘n treffer om kinders moed te gee dat hulle ‘n Bybelvers kan memoriseer.
  1. Kry die vers in konteks
    Soek die vers in die Bybel en praat oor wat dit beteken. As mens verstaan waaroor dit gaan, is dit makliker om dit te onthou.
  1. Herhaling, herhaling, herhaling
    Begin met een teksvers vir ‘n week. Lees dit hardop, skryf dit neer, herhaal dit tot vervelens toe. Al word daar na ‘n nuwe vers aanbeweeg, herhaal weer die eerste verse.
  1. Skryf dit neer
    Dit help om eers die teksvers in die Bybel te lees, daarna kan jy dit neerskryf op papier en die belangrike woorde onderstreep. Plak die Bybelvers waar jy dit gereeld sien.
  1. Doen dit saam
    Almal memoriseer op verskillende maniere, maar dit is ‘n lekker aktiwiteit om saam te doen. Motiveer almal om dit saam hul gesinne te doen, of doen dit saam in ‘n groep om mekaar te ondersteun om meer teksverse te memoriseer.

Hier is 20 teksverse om mee te begin:

Jy kan dié 20 teksverse aflaai en uitdruk. Knip die blokkies uit en leer die teksverse een-vir-een.
Laai dit hier in pdf-formaat af.

 

 

 

1 Petrus 5:7 “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.”

Johannes 14:6 “Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Psalm 121:1-2 “Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.”

Psalm 56:4-5 “Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U. In God, wie se woord ek prys, in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan ‘n blote mens aan my doen?

Josua 1:9 “Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

Filippense 4:4 “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!

Romeine 5:8 “Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”

Galasiërs 5:22-23 “Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.”

Psalm 119:10-11 “Ek wil aan U gehoorsaam wees met my hele hart, laat my nie afwyk van u gebooie nie. Aan u beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U.”

Matteus 22:37-38 “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod.”

Efesiërs 4:32 “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.”

Jesaja 40:31 “maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.”

Jesaja 41:10 “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.”

Psalm 118:24 “Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.”

1 Korintiërs 10:31 “Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.

Jesaja 26:4 “Vertrou altyd op die Here, want die Here God is ‘n veilige toevlug.”

Numeri 6:24-26 “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!”

Jeremia 29:11 “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!”

Spreuke 3:5 “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie.”

Hebreërs 13:8 “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.”

Werkboek vir Koningskinders

Hier is ‘n voorbeeld van ‘n werkboek vir ‘n Koningskinderskamp. Jy kan ook ‘n gids vir die groepleiers aflaai om die werkboek te doen.

Hier is die inhoudsopgawe van die gids vir die groepleiers:

1. Administratief
1.1 Kamppsalm
1.2 Kampvers
1.3 Bybelstudie-program
1.4 Hantering van werkstukke
2. Hoe werk die Bybel?
3. Vinnige verwysings
4. Antwoorde en riglyne vir werkstukke
4.1 Aktiwiteit 1 – Enige ware God
4.2 Aktiwiteit 2 – Gebed (Onse Vader)
4.3 Aktiwiteit 3 – Skepping
4.4 Aktiwiteit 4 – Die sondeval
4.5 Aktiwiteit 5 – Die 10 gebooie (inleidend)
4.6 Aktiwiteit 6 – 1ste, 2de en 3de gebod
4.7 Aktiwiteit 7 – 4de, 5de en 7de gebod
4.8 Aktiwiteit 8 – 6de, 8ste, 9de en 10de gebod
4.9 Aktiwiteit 9 – Die geboorte van Jesus
4.10 Aktiwiteit 10 – Wonderwerk (Die visvangs)
4.11 Aktiwiteit 11 – Wonderwerk (Vermeerdering van die brood)
4.12 Aktiwiteit 12 – Jesus word gekruisig en begrawe
4.13 Aktiwiteit 13 – Die opstanding
4.14 Aktiwiteit 14 – Hemelvaart
4.15 Aktiwiteit 15 – Die uitstorting van die Heilige Gees
4.16 Aktiwiteit 16 – Ewigheidsperspektief
4.17 Aktiwiteit 17 – Hersiening (opsioneel)
5. Koningskinderslied

Laai die gids vir die groepleier af.
Laai die werkboek vir kinders af.

Handleiding vir groepleiers by Koningskinderskampe

Hier is ‘n gids vir elke groepleier by ‘n Koningskinderskamp. Dit bevat basiese stappe van berading en essensiële tekste in noodsituasies.

Hier is die inhoudsopgawe van die handleiding:

  1. Die Groepleier
    1.1 Doel van die kamp
    1.2 Rol van die groepleier
    1.3 Die kern van berading
    1.4 Beradingsproses
    1.5 Ander helpers
    1.6 Krisis in berading
    1.7 Aanmelding van molestasie
    1.8 Na die kamp, wat nou?
  2. Bybelstekste
    2.1 Vir Bybelstudies
    2.2 Noodsituasies
    2.3 Algemene tekste vir die kamp
  3. Genogram

Laai dit hier af.