Is dit sonde om die lewe te geniet?

Lees: Prediker 2:24-25; 3:12-13 en 22; 5:17-19; 8:15; 9:7-10; 11:9-10.

  1. Wat is die grootste doel van die mens op aarde?
  2. Wat word ons in al sewe Skrifgedeeltes in die boek Prediker beveel?
  3.  Wat is jou eerste indruk as jy hierdie opdrag hoor?
  4. Wie word heeltyd as die gewer van die verskeie gawes in Prediker aangedui? Wat lei ons hieruit af?
  5. Lees weer Prediker 11:9-10. Wat is die enigste en positiewe riglyn wat daar vir jongmense gegee word?
  6. Wat leer Prediker 11:9-10 oor heeltyd uitstel om sekere dinge in die lewe te geniet?
  7. Wat leer Prediker 11:9-10 uiteindelik oor hoe ons ons lewens moet geniet?
  8. Hoe verstaan julle as groep die “beperking” wat ons in Prediker 11:9-10 lees oor “God wat van ons rekenskap sal eis” oor die genieting van die lewe?
  9. Wat beteken dit prakties om kommer uit jou hart te hou en te vermy wat jou liggaam kwaad kan doen?
  10. Wat is die goue reël om te weet wat reg of verkeerd is in wat jy doen of dink of sê volgens Efesiërs 5:10?

Samevatting

Dwarsdeur die Bybel leer ons dat die mens se doel op aarde is om God te verheerlik in alles wat hy doen. In sy boek fokus die Prediker spesifiek op een wyse waarop ons God verheerlik: wanneer ons ons lewens geniet!
Die Here leer ons duidelik vandag deur die Prediker: genieting van die lewe en gehoorsaamheid aan Hom gaan hand aan hand. Ons “alledaagse” en “godsdienstige” lewens hang ten nouste saam. Ons verheerlik God wanneer ons ons lewens in Hom geniet!

Laai die Bybelstudie af as ‘n Word-dokument.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.