Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Doppers@C 2020 Jeugkamp

21 Maart - 26 Maart

R700

Na konsensus het die jeugdeputate van klassis Karoo-Kei besluit om die eerskomende Doppers@C-kamp vanaf 21-26 Maart voorlopig te verskuif na September-vakansie (datum en plek om bevestig te word). Na gisteraand se aankondiging deur die president oor die verspreiding van die COVID 19-virus is dit bloot te riskant om ons jeug nou op ‘n kamp te neem. In hierdie opsig wil ons wetsgehoorsame burgers wees wat ons deel doen in die bekamping van die virus.

Waar gelde deur kampgangers reeds betaal is, is hulle welkom om hul bankbesondere vir my te stuur, sodat ek die gelde terugbetaal. Verskoning vir die ongerief, maar ons vertrou u het begrip vir hierdie buitengewone omstandighede.

Laat ons voortgaan om in ‘n paniekbesaaide wêreld die hoop in Christus te verkondig!

Groete in Christus
Wilhan Jobse
(nms. Jeugdeputate Klassis Karoo-Kei)

Stuur ’n e-pos aan Wilhan Jobse vir meer inligting.

Details

Start:
21 Maart
End:
26 Maart
Cost:
R700

Venue

Eersterivier NG Kerk-kampterrein
South Africa

Kyk op ons kalender of daar iets is wat jy graag wil bywoon. Jy kan ook vir ons inligting van jou gemeente of jeuggroep stuur na ons e-posadres.