Lyding: Begin tot einde

Begin van Lyding

Lees Genesis 3:16-19

BESPREKING: Wat is lyding? Noem enige lyding wat jy die afgelope tyd beleef het.

  • Wat is die strawwe vir die mens op die sonde? Wat beteken die pyn/smart en die moeite?
  • Wat is die implikasie vir lewe dat dit met pyn begin?
  • Wat is dorings en dissels? Wat beteken dit vir die mens dat die aarde dorings en dissels oplewer?
  • Lees Romeine 8:20-22. Wat beteken dit vir die aarde dat daar dorings en dissels opgelewer word?

Lyding en die Kerk

Lees Matteus 24:9-14

BESPREKING: Noem gevalle waarvan jy weet hoe en waar die kerk tans ly.

  • Is daar meer lyding vir gelowiges as vir ongelowiges?
  • Lees Genesis 3:15. Wat is die implikasie van hierdie vers op die lyding van die kerk?
  • Wat leer die Here ons sal met die lyding van die kerk gebeur in die laaste dae?

Christus en Lyding

Lees Jesaja 53:4-5

BESPREKING: Wat beteken dit vir ons dat Christus vir ons sonde gesterf het?

  • Hoe het Christus ons lyding op Hom geneem?
  • Wat beteken dit dat Christus ons lyding op Hom geneem het?
  • Beteken dit dat ons nooit meer seer sal kry nie? Hoekom sê jy so?
  • Lees 1 Petrus 2:24. Watter genesing het daar vir ons gekom deur Christus se wonde?
  • Lees Johannes 16:33. Wat beteken dit vir ons lyding dat Christus klaar die wêreld oorwin het? Hoe vind ons daarin vrede?

Lyding en die Wederkoms

Lees Openbaring 21:3-5

  • Lees ook 2 Tessalonisense 1:5-10. Wie is nog die oorsaak van die kerk se lyding?
  • Wat sal met daardie mense gebeur by die wederkoms?
  • Hoekom sal daar nie meer lyding in die hemel wees nie?
  • Wat is die implikasie vir die dorings en dissels wanneer alles nuut gemaak gaan word?

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.