My lewensambisie: om Christus al hoe beter te leer ken

SKRIFLESING:        Filippense 3:1-16
FOKUS:                       Filippense 3:10-12
TEMA:                        My lewensambisie: om Christus al hoe beter te ken!

Laai die Bybelstudie as ‘n Word-dokument af.

Citius. Altius. Fortius. = Vinniger. Hoër. Sterker.

Dit is die amptelike leuse of ambisie van die Olimpiese Spele. In ons Skrifgedeelte praat Paulus onder leiding van die Heilige Gees van sy ambisie as Christen-atleet.

Inleiding

  1. Wat is jou grootste droom of ambisie? Hoor by elkeen in die groep.

Paulus se lewensambisie en ons lewensambisie

  1. Wat sou jy sê was Paulus se lewensambisie vóór sy bekering? Fil 3:4-6.
  2. Wat het gemaak dat Paulus se lewensambisie geheel en al verander is?
  3. Wie van julle het rekeningkunde as vak? Verduidelik vir die groep wat dit beteken as Paulus sê dat dit wat eers vir hom ’n bate was, hy nou as ’n las.

Paulus gebruik ’n baie skerp woord om na sy vorige lewensambisie te verwys. Hy noem dit “verwerplik” (1983/92-Vertaling) – letterlik “drek” (1933/53-Vertaling)!

  1. Wat leer die Here ons hier oor hoe ons gered word? Vgl Ef 2:8-10.
  2. Hoe kan ons Paulus se lewensambisie in Filippense 3:10-11 opsom?
  3. Wees lekker prakties: Wat beteken dit alles “om Christus te ken”?
  4. Hoe het Paulus se lewensambisie ook uiting gevind in sy woorde? Vgl. 1 Kor 2:2.
  5. Dink bietjie saam: Hoekom moet Paulus se lewensambisie ook elke Christen se lewensambisie wees?

Dis goed en reg om ambisie te hê in jou akademie, jou sport, jou verhoudinge, jou ontspanning. Maar hierdie ambisie mag nooit maar nooit ons lewensambisie wees nie.

Ons moet daarna streef om Christus al hoe beter te ken!

  1. Paulus erken dat hy Christus nog nie ken soos hy behoort nie. Hoekom is hierdie woorde skokkend as ons in ag neem wie Paulus was en wat hy alles gedoen het?
  2. Wees lekker prakties: Wat moet ons saam met Paulus doen om te verseker dat ons Christus al hoe beter leer ken?
  3. Hoekom is die beeld van atletiek juis so geskik om ons geestelike groei te beskryf?
  4. Wat sê hierdie strewe van Paulus vir ons wat so baie keer dink dat ons gered is en nou maar net agteroor kan sit en wag vir die wederkoms?
  5. Paulus sluit hierdie gedeelte af met die woorde dat ons almal wat geestelik volwasse is, hierdie gesindheid moet hê. Watter gesindheid is dit?

Afronding

  1. Som hierdie Bybelstudie in ’n enkele sin op.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *