Tag Archives: Kenmekaar

Leer mekaar met dié speletjies ken

Keuses, keuses, keuses

  • Kies een van twee opsies (bv. Coke of Fanta?)
  • Verdeel in groepe volgens keuse.
  • Leer soveel mense moontlik se name, en hoor hoekom hulle dié keuse gemaak het.
  • Wag vir volgende vraag, maak weer keuse en verdeel (nou is daar al vier groepe).
  • Leer name, ensovoorts … Herhaal!

Musical chairs

  • Maak ’n sirkel met die stoele na binne.
  • Elkeen sit op ’n stoel.
  • Diegene wat in die middel oorbly, moet drie dinge van hulleself sê:
    • Naam
    • Waarvandaan jy kom
    • Iets interessants wat ons moet weet
  • Diegene in die middel besluit watter persone moet ruil (bv. almal wat plakkies aan het).

Speed dating

  • Maak lang ry(e) met stoele teenoor mekaar.
  • Al die dames sit aan een kant van die ry(e), en bly dwarsdeur die speletjie sit.
  • Die manne sit elkeen teenoor ’n dame, maar roteer wanneer dit so aangekondig word.
  • Opset:
    • Leer mekaar se name.
    • ’n Onderwerp verskyn op die bord.
    • Die dames moet die voordele van die onderwerp argumenteer, en die manne die nadele.

Massa stomstreke

  • Manne kies 5x deelnemers, en dames 5x.
  • Deelnemer staan met sy rug na die skerm.
  • Op die skerm verskyn ’n woord wat sy geslag deur stomstreke (charades) moet uitbeeld.
  • Elke deelnemer kry 30 sekondes om so veel as moontlik woorde reg te raai.
  • Geslag wat meeste kry, wen!

Laai hier ‘n PowerPoint-dokument af met idees vir hierdie speletjies.