Wie is Christus

SKRIFLESING:       Filippense 2:5-11
FOKUS:                     Filippense 2:6-7
TEMA:                        Christus se gesindheid teenoor sy menswording.

Laai die Bybelstudie as ‘n Word-dokument af.

Filippense 2:5-11 is uniek in die sin dat dit ons Here Jesus se eie gesindheid teenoor sy menswording beskryf. Hier hoor ons wat Hy bereid was om in ons plek te doen.

Verdieping

  1. Wat beteken dit dat Jesus “in die gestalte van God was” (Fil 2:6)?
  2. Wat beteken dit dat Hy “die gestalte van ’n slaaf” aangeneem het (Fil 2:7)?
  3. Wat sê die volgende woorde van ons Here Jesus se gesindheid teenoor sy menswording: Hy “het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie” (Fil 2:6b).
  4. Hoekom is die beskrywing van ons Here Jesus se menswording as ’n “vernedering” so akkuraat?
  5. Hoekom het Jesus die menslike natuur aangeneem? Vgl. Heb 2:14,17.
  6. Gee verskeie redes hoekom kruisiging as ’n “vernedering” beskou kan word. Vgl. Deut 21:23; Gal 3:13.
  7. Wat leer ons uit die feit dat Jesus juis “gehoorsaam” was tot in die dood?
  8. Hoekom was Jesus gehoorsaam tot aan die dood? Vgl. 2 Kor 5:21.
  9. Wat is die gevolg van Jesus se menswording en sterwe volgens Filippense 2:9-11?

Toepassing

  1. Met alles in ag geneem, wat sou jy sê is die werklike boodskap van Kersfees?
  2. Lees Filippense 2:5. In die lig van alles wat sover bespreek is, watter “gesindheid” word daar van my en jou verwag? Vgl. Fil 2:3-4. Wees lekker prakties.

Dáár by Betlehem verbind die ewige Homself aan tyd, en die Koning van die eeue neem die gestalte van ’n slaaf aan

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *