Wat weet jy van die skietlood in Amos?

Lees Amos 7:7-9.

Wat is ʼn skietlood?

Volgens die HAT

skiet’lood s.nw 1 Tou waaraan ‘n stukkie lood hang, o.a. deur messelaars gebruik om die loodregte rigting aan te dui; paslood, meetlood. 2 Tou met ‘n gewig aan die een ent, en merke om die diepte van water te meet; peillood, dieplood.

Volgens Wikipedia

‘n Skietlood, of paslood is ‘n boukundige instrument wat gebruik word om die vertikaal te bepaal. Dit bestaan gewoonlik uit ‘n tou met ‘n kegelvormige loodgewiggie wat aan sy onderpunt hang. Die tou wys dus regaf na onder toe, en kan gebruik word om te bepaal hoe regop ‘n voorwerp, soos ‘n muur of ‘n paal, staan. In hierdie rol word die skietlood ook bygestaan deur die waterpas. Terwyl die skietlood die vertikaal aandui, dui ‘n waterpas die horisontale oppervlak aan, wat loodreg aan die vertikaal lê.
https://af.wikipedia.org/wiki/Skietlood

  • Wat sê hierdie metafoor vir jou, dat God voor sy volk met ʼn maatinstrument staan?
  • Wat insinueer die simboliek van die skietlood vir jou? Hou in gedagte dit is ʼn instrument wat presisie meet. Loodreg van onder na bo. (Loer ook na Openbaring 3:15-16)
  • Wat is dan die regte pad? (Kyk ook na Johannes 14:6)
  • Wat sê die Here sal hy doen aan die wat gemeet word en nie reg is nie?
  • Waarna verwys vers 9 spesifiek?
  • Kan jy aan enige hedendaagse voorbeelde dink?

Waar pas die skietlood in jou lewe in?

  • Wanneer gaan ons gemeet word?
  • Wat leer hierdie gedeelte ons dus? En hoe sal jy dit toepas?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui