Bybelvasvrae

Hier is verskillende Bybelvasvrae wat jy kan gebruik.


Algemene vrae

  • Algemene vrae oor enige iets in die Bybel.
  • Gee net eenvoudig die regte antwoord.
  • Eerste hand op, kry die eerste kans om die antwoord te gee.
  • As daardie groep se antwoord verkeerd is, gaan ons die volgende groep vra wat hulle hande opgesteek het.
  • Elke vraag tel een punt, ongeag die hoeveelheid name, of woorde wat genoem moet word.

Pas die pa’s by die seuns

  • Elke keer word daar gevra: wie was … se pa OF wie was … se seun?
  • Daar word elke keer vier opsies gegee.
  • Gee die regte een.
  • Eerste hand op, kry eerste ‘n beurt.
  • Elke antwoord tel een punt – waar daar dus twee antwoorde gegee moet word, tel die vraag twee punte.

Four-in-one … which one?

  • By elke vraag is daar vier name, diere of enige ander voorwerp.
  • Een van hulle pas of pas nie …
  • Watter een is dit???
  • Elke regte antwoord, kry een punt.

Raai … raai … riepa!

  • Elke raaisel gee ‘n leidraad na ‘n naam of dier in die Bybel.
  • Moenie bekommer oor spelling nie…vra eerder hoe die woord klink!
  • Dalk ‘n bietjie soet, dalk ‘n bietjie stout, maar dit sal jou by die antwoord uitkry!
  • Ontsyfer hierdie raaiseltjie eerste, gee die regte antwoord en jou span is een punt ryker!
  • Voorbeeld: Raaisel: Moenie hier kerm en kla nie… (Antwoord: Daniël.)

Voltooi die vers

  • Hier word elke keer ‘n paar woorde van `n vers gegee …
  • Maak die res van die vers klaar en jou span is dalk net ‘n punt ryker!

Liriekeraai

  • Elke skyfie bevat ‘n reël of reëls uit die Psalms of Skrifberyming in die Psalmboek.
  • Hierdie reël of reëls kan uit enige vers van ‘n betrokke Psalm of Skrifberyming kom.
  • Identifiseer die Psalm of Skrifberyming en jou span kry ‘n punt.
  • Sing hierdie Psalm of Skrifberyming en jou span kry 1 bonus punt!

Bybelboek-bonanza

  • Elke skyfie bevat ‘n leidraad na een van die boeke in die Bybel – Ou Testament of Nuwe Testament.
  • Hierdie leidraad kan gaan oor die naam van die boek óf oor die inhoud van die boek.
  • Identifiseer die boek en jou span kry ‘n punt.

Ontsyfer die naam

  • Elke skyfie bevat ‘n mengelmoes van die letters van ‘n naam in die Bybel.
  • Hierdie mengelmoes kom in ‘n mengelmoes van verskillende vorms.
  • Identifiseer die naam en jou span kry ‘n punt.

Orde!

  • Elke skyfie bevat vier verskillende name, gelykenisse of gebeure.
  • Hierdie verskillende name, gelykenisse of gebeure is egter deurmekaar en moet in die regte volgorde geplaas word.
  • Plaas hierdie vier verskillende name, gelykenisse of gebeure eerste in die regte volgorde en jou span is ‘n punt ryker!

Ontsyfer die vers

  • Elke skyfie bevat ‘n vers of `n gedeelte van ‘n vers waarvan die woorde geskommel is.
  • Plaas die woorde in die regte volgorde om sodoende die regte vertaling van die vers te kry.
  • Ontsyfer hierdie mengelmoes van woorde eerste en jou span is ‘n punt ryker!

2 comments

  1. HI JULLE.
    EK ABSOLUUT LOVE JULLE IDEES EN LESSE, SPELETJIES EN ALLES NET. EK WIL N JEUG BEGIN HIER BY ONS IS GERMISTON EN EK WIL BAIE GRAAG VAN JULLE INHOUD GEBRUK MAAK. EK LOVE, LOVE DIT.

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui