Kerk 101: Bybelstudies oor 1 Timoteus

In hierdie Bybelstudies kyk ons na Paulus se eerste brief aan Timoteus waar hy by die gemeente Efese werksaam is. Paulus gee self die rede hoekom hy hierdie brief aan Timoteus skryf:

Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God. 

1 Timoteus 3:15

Ons glo en vertrou dat jy die werking van die gemeente beter sal verstaan, en jou rol in die huisgesin van God na jou beste vermoë sal kan uitleef.


Dié boek is 52 bladsye lank. Jy kan die pdf uitdruk of direk op jou rekenaar of tablet lees. Gebruik die skakels onder hierdie instruksies om die boekie af te laai:


Wenk vir drukwerk: Gebruik die drukker se booklet-opsie. Dié boek is uitgelê as ’n A5-grootte, wat beteken dat hierdie boekie van 52 bladsye dan net 13 bladsye sal gebruik wat weerskante gedruk word. Sou jy ’n kleurweergawe in hoë resolusie benodig, stuur gerus ’n e-pos en ons stuur dit met WeTransfer.

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui