Die Deputate Jeugsorg van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika wil graag mense help om met die jeug te werk. Daarom het ons hierdie webwerf begin!
Hier is allerlei gratis hulpmiddels vir jou. Ons het oulike boekies oor verskillende temas wat jy kan aflaai en versprei. Daar is ook Bybelstudies om te gebruik vir kampe, ‘n Bybelstudiegroep of persoonlike Bybelstudie. Werkkaarte, inkleurprente en allerlei woordpret. Kyk gerus rond! Kontak ons vir wat jy nog graag wil sien.
Wat glo ons?
Ons bely dat die Woord van God die enigste bron van kennis oor God is en dat die Heilige Gees die Woord aan al God se kinders bekend en verstaanbaar maak. Ons glo ook dat die Woord absoluut deurslaggewend in alle gelowiges se lewe is. Kinders van God kan doodeenvoudig nie daarsonder nie.
Wat wil ons doen?
- Ons oogmerk is om in alle opsigte en met alles wat ons publiseer, onderdanig aan God se Woord te wees.
- Ons wil ‘n instrument wees om jong gelowiges te help om hul lewens, die wêreld rondom hulle, en alles wat hulle mag teëkom, vanuit die lig van God se Woord te verstaan.
- Ons wil jong gelowiges help om met God se Woord te lewe. Om deur die Woord te bestudeer en in die kennis van God te groei.
- Ons wil ook jong gelowiges lei om te verstaan wat dit beteken om soos ‘n gelowige te lewe.
Het jy ’n Engelse jeugbediening?
Cross Courier is the Reformed Churches in South Africa’s first English publication. But we quickly saw that everyone was asking for English material for the youth. On the website of Cross Courier we have started to compile many English resources. If you would like to go directly to resources for kids, go to this link: Children’s Corner.