Die ewige koninkryk – Daniël
Daniël is een van die mees indrukwekkende boeke in die Ou Testament, vol verhale en visioene wat deur die eeue heen gelowiges versterk en bemoedig het.

Die boek wys duidelik dat God die enigste ware Koning is wat regeer oor alle konings en koninkryke. Hy tel konings aan en Hy neem hulle weer weg; Hy bepaal die loop van die geskiedenis. Al die groot wêreldryke – Babilon, Medo-Persië, Griekeland en Rome – is in Daniël se profesieë genoem, en tog wys die boek dat hulle almal verbygaan, maar alleen God se koninkryk staan vir ewig.
Daniël het ’n besondere plek as ’n bron van troos en hoop: Al lyk dit of die wêreldheersers die mag in hul hande hou, bly dit die Here wat alles regeer!
Dié boek is 44 bladsye lank. Jy kan die pdf uitdruk of direk op jou rekenaar of tablet lees. Kies tussen die volkleurboekie en die swart-en-witboekie.
Wenk vir drukwerk: Gebruik die drukker se booklet-opsie. Dié boek is uitgelê as ’n A5-grootte, wat beteken dat hierdie boekie van 44 bladsye dan net 11 bladsye sal gebruik wat weerskante gedruk word.
0 Kommentare