Speletjies vir kinders
Vliegtuig Eskapade
Tyd: 1-2 minute
Binne/Buite: AlbeiBenodighede:
PapierInstruksies:
- Twee spanne word gevorm aan weerskante van die kamer. Elke persoon kry ‘n papier om ‘n papiervliegtuig mee te vou.
- Elkeen begin deur hulle vliegtuigie na die ander kant toe te gooi.
- Die doel van die speletjie is dat die vliegtuigies nie aan die grond mag raak nie.
Ballon Trap
Tyd: 15-20 minute
Binne/Buite: BinneBenodighede:
Ballonne
TouInstruksies:
- Elke persoon het ‘n ballon wat aan hulle enkel vas gemaak is met ‘n stukkie tou.
- Die doel van die speletjie is om ander mense se ballonne stukkend te trap.
- As jou ballon stukkend getrap is, is jy uit.
- Jy mag nie op een been rond staan of spring nie.
- Jy mag nie ander mense omstamp nie.
Skoffel Jou Boude
Tyd: 10-20 minute
Binne/Buite: AlbeiBenodighede:
Stoele (1 vir elke persoon)Instruksies:
- Plaas al die stoele in ‘n groot sirkel.
- Kies iemand om aan te wees. Daardie persoon moet dan in die middel gaan staan.
- Laat almal op die stoele gaan sit, met een stoel wat oop is.
- Die doel van die speletjie is vir die mense wat sit om te voorkom dat die persoon wat aan is op ‘n stoel sit.
- Hulle doen dit deur op die stoel op ‘n oop stoel langs hulle te gaan sit.
- Dus mag almal net links of regs beweeg, en glad nie oor ‘n deel van die sirkel hardloop nie.
- As die persoon wat aan was ‘n sitplek kry, word die persoon wat nie vinnig genoeg geskuif het nie aan.
- As die groep baie groot is, kan daar twee of drie oop stoele wees.
Na-Aap
Tyd: 1-10 minute
Binne/Buite: AlbeiBenodighede:
GeenInstruksies:
- Laat almal in ‘n sirkel staan wat na binne kyk.
- Kies iemand om aan te wees en stuur hulle uit die kamer uit.
- Terwyl hulle uit is, kies iemand om die ‘leier’ te wees.
- Die persoon is die persoon wat almal anders moet na-aap. (voete stamp, rond draai, op een voet staan, dans, sing, ens.)
- Almal anders moet die leier na-aap sonder om weg te gee wie dit is.
- Bring die persoon wat aan is terug in die kamer in en laat die speletjie begin.
- Die doel van die speletjie is vir die persoon wat aan is om die leier te vind.
- Hulle het 3 kanse om reg te raai.
- As hulle 3 raaiskote op is, word die leier aan.
Vang die bal
Tyd: 10-12 minute
Binne/Buite: AlbeiBenodighede:
Gholfballe
Strootjies
Masking tapeInstruksies:
- Verdeel almal in groepe. Elke groep kry 12 strootjies en 1 meter masking tape.
- Hulle het 10 minute om ‘n houer te bou wat ‘n gholfbal kan vang wat van omtrent 3 meter af laat val word.
- Een van die groepleiers kan die bal laat val, of elke groepie kan iemand kies om die bal te laat val.
- Die persoon wat die bal laat val, hou dit in die lug en die groepie sit dan hulle houer waar hulle dink die bal gaan val.
- Elke groep kry 3 probeerslae.
- Die groep wat die bal kry om in te gaan en in te bly, wen.
Vier hoeke
Tyd: 1-10 minute
Binne/Buite: BinneBenodighede:
Dobbelsteen (Verkieslik een met 4 sye, maar 6 kan werk. Daar gaan net 6 hoeke moet wees.)Instruksies:
- Gee vir elke hoek/deel van die kamer ‘n nommer.
- Elke persoon moet dan ‘n nommer kies en in daardie hoek gaan staan.
- Die leier rol dan die dobbelsteen. Die nommer waarop dit val se groepie is dan uit.
- Almal wat uit is, moet in die middel van die kamer gaan sit.
- Almal wat nog in die speletjie is, kan dan ‘n nuwe hoekie gaan kies. En die dobbelsteen word weer gerol.
- Die speletjie hou aan totdat daar ‘n wenner is.
- As die speletjie lank aanhou, kan dit omgeruil word dat die groepie op wie se nommer die dobbelsteen val nog in is en al die ander groepies is dan uit.
Frisbee Gholf
Tyd: Soveel as wat nodig is
Binne/Buite: AlbeiBenodighede:
Frisbees
Mandjies
Nommers (Op papier of iets)Instruksies:
- Dis presies soos gholf, maar die frisbees is die balle en die mandjies is die gate.
- Maak die gate verskillend sodat daar bietjie variasie is. (Langer/korter gate, party met versperrings)
- Almal maak beurte om die frisbees na die mandjie te gooi, elke gooi tel as ‘n “hou”.
- Die doel van die speletjie is om die frisbee in die mandjie te kry met die minimum aantal gooie.
Gryp die Vinger
Tyd: 10 – 15 minute
Binne/Buite: AlbeiBenodighede:
GeenInstruksies:
- Laat almal in ‘n sirkel staan met hulle arms uitgestrek na albei kante.
- Laat almal hulle linkerpalm op wys en hulle regtervinger af wys.
- Elke persoon se vinger moet op die persoon langs hulle se palm wees.
- Wanneer die leier “GO” skree, moet die volgende gebeur:
- Elke persoon moet probeer om die ander persoon se vinger te gryp met hulle linkerhand.
- Hulle moet hulle regtervinger wegruk sodat die ander persoon dit nie kan gryp nie.
- Almal wie se vingers gegryp is, is uit.
0 Kommentare