
Wil jy die hele gesin aan die gesels kry?
As jy tyd saam jou hele gesin wil spandeer en die kinders aan die gesels wil kry, laai hierdie bladsye af. Elke bladsy het 8 kaartjies op. Jy laai dit af, druk dit en knip die kaartjies uit. Daar is een met vrae spesifiek vir Kersfees en een met lekker algemene vrae.
Dit is ’n heerlike ysbreker en die vrae wissel tussen snaaks en ernstig. Jy kan dit om die etenstafel gebruik of selfs in die kar gereed hê vir die langpad. Gebruik hierdie saam met ons vorige stel kaartjies “Gesels saam met jou gesin!“. Daar is nog drie bladsye met agt kaartjies elk.