Ondersteun mekaar met speletjies

Hierdie speletjies kan gebruik word om dienaarskap beter te verstaan. Probeer elke keer uitlig hoe die kinders mekaar kan help om die speletjies reg te kry.

Ek is die grootste/kleinste
Rangskik van klein na groot lyfies, voete, geboortedatums ens. Maak dit interessant deur op ‘n paal, plank of stoele te balanseer terwyl jy rangskik.

Follow the leader
Almal loop in ‘n ry agter mekaar. Almal moet presies die leier nadoen.

DankieSê
Vir die res van die dag moet iemand, elke keer as jy vir hulle iets gee, dankie sê. Maak nie saak wat dit is, of wanneer jy dit gee nie. As hulle nie dankie sê nie, moet hulle vir jou ‘n guns doen.

GroepsDruk
Laat een kind stewig op sy voete staan. Laat die res van die kinders hande vashou, na binne druk en probeer om die een kind van sy voete af kry. Kry nou ‘n maatjie om te help sodat die een maatjie nie omval nie.

Kat&Muis
Almal staan in ‘n kring en hou hande vas. Een persoon is die kat en die ander een is die muis. Die kat moet die muis vang, maar almal wat in die kring staan en hande vashou, moet help keer dat dit gebeur.

Dra Mekaar
Maak twee groepe met die kinders. Maak ‘n baan met hindernisse, bv. bome, pale of stene, en laat elkeen van die groepe een maatjie kies wat hulle deur die baan gaan dra.

SpanBou
Laat die kinders langs mekaar staan. Noem ‘n vorm wat hulle moet maak – bv. driehoek, hart, halfmaan. Die kinders moet nou saamwerk en mekaar dien om die vorm te maak. Wissel die manier waarop die vorm gebou word af. Hulle kan dit met hulle lywe op die grond, vingers of met voorwerpe maak. (Dit is wel belangrik dat elkeen sal besef dat hy/sy hom/haarself moet gee sodat dit kan werk.)

Hierdie speletjies is deel van ‘n werksboek met Bybelstudies oor dienaarskap. Lees hier meer en laai dit af.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.