
Dit sou ’n jammerlike dag wees as ons as kinders van die Here gedink het dat ons bekommernisse kan weg wens! Dit verdwyn ook nie net as ons bloot positief dink nie. Daar word mos vandag baie gemaak van die sogenaamde “power of positive thinking”. Nee, die wyse waarop ons met ons bekommernisse moet omgaan is om dit oor te gee aan die Here. En dit doen ons deur gebed.
1. Wat is gebed?
2. Partykeer werk dit so dat hoe meer ons bekommerd is, hoe minder bid ons – hoekom werk dit so?
3. Dink jy ook soms dat die Here nie iets aan jou probleme kan doen nie?
4. Watter opdragte kry ons vir die hantering van ons sorge in 1 Petrus 5:7 en Psalm 62:9?
5. Wat beteken die verband tussen blydskap en gebed vir jou in 1 Tessalonisense 5:16?
6. Wat beteken die opdrag: “Bid gedurig” (1 Tessalonisense 5:17)?
7. Filippense 4:6b sê ons moet in alles ons begeertes deur gebed en smeking aan God bekend maak. Wat beteken dit vir waarvoor ons alles kan bid?
My gebed
• Waarvoor wil ek die Here prys?
• Waarvoor wil ek Hom dank?
• Wat ek wil vir Hom vra?
• Wat wil ek voor Hom bely?
• Waarvoor of vir wie wil ek voorbidding doen?