Bybelstudieboek: Groot vrae uit Genesis


Die Deputate Jeugsorg van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika moet onder andere toerusting en hulpmiddels vir die jeug verskaf. Een van die maniere is om elke jaar ’n Bybelstudieboek – of twee! – op te stel en te druk. Hierdie boekies word dan gratis vanaf die Admin Buro in Potchefstroom versprei.

Dié boeke kan gebruik word vir ’n Jeugbybelstudiegroep, vir kampe, of vir selfstudie. Ons maak nou hierdie boeke in twee weergawes beskikbaar dat enigiemand dit kan aflaai. Kies tussen die volkleurboekie en die swart-en-witboekie. Druk dit uit of gebruik ’n rekenaar, tablet of foon om die pdf te lees. Klik hier om al die boeke te sien.


Hierdie boek gaan oor groot geloofsvrae wat vanuit Genesis beantwoord word. Ons nooi jou hartlik uit om met hierdie Bybelstudies jou in die eerste 11 hoofstukke van Genesis te verdiep. In elke Bybelstudie het ons een groot vraag uitgelig wat deur die gedeelte beantwoord word. Maar jy leer ook meer oor die gedeelte wat jy lees sodat jy uiteindelik al elf hoofstukke volledig deurwerk.

Gebruik die skakels hier onder en kies tussen die volkleurboekie en die swart-en-witboekie:


Wenk vir drukwerk: Gebruik die drukker se booklet-opsie. Dié boek is uitgelê as ’n A5-grootte, wat beteken dat hierdie boekie van 68 bladsye dan net 17 bladsye sal gebruik wat weerskante gedruk word. Sou jy ’n kleurweergawe in hoë resolusie benodig, stuur gerus ’n e-pos en ons stuur dit.

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui