Bybelstudieboek oor Johannes: Volg jy My

Wil jy Christus daagliks navolg? In die evangelie volgens Johannes is daar soveel dieper betekenis wat jou kan help. Kry die Bybelstudieboek hier.

Die Deputate Jeugsorg van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika moet onder andere toerusting en hulpmiddels vir die jeug verskaf. Een van die maniere is om elke jaar ’n Bybelstudieboek – of twee! – op te stel en te druk. Hierdie boekies word dan gratis vanaf die Admin Buro in Potchefstroom versprei.

Dié boeke kan gebruik word vir ’n Jeugbybelstudiegroep, vir kampe, of vir selfstudie. Ons maak nou hierdie boeke in twee weergawes beskikbaar dat enigiemand dit kan aflaai. Kies tussen die volkleurboekie en die swart-en-witboekie. Druk dit uit of gebruik ’n rekenaar, tablet of foon om die pdf op jou rekenaar of tablet. Klik hier om al die boeke te sien.


Johannes is ’n baie bekende boek in die Nuwe Testament, maar in hierdie Bybelstudieboekie delf ons dieper in élke hoofstuk. Johannes vertel die gebeure van Jesus se bediening in ’n spesifieke orde, en hy kies die spesifieke gebeure met ’n spesifieke doel: Die gebeure blyk vir ons dalk terloops te wees, maar elkeen het ’n dieper betekenis waarmee die Here sy evangelie verkondig.

Ons vertrou dat jou geloof deur hierdie Bybelstudieboek versterk sal word.


Gebruik die skakels hier onder en kies tussen die volkleurboekie en die swart-en-witboekie:


Wenk vir drukwerk: Gebruik die drukker se booklet-opsie. Dié boek is uitgelê as ’n A5-grootte, wat beteken dat hierdie boekie van 84 bladsye dan net 21 bladsye sal gebruik wat weerskante gedruk word. Sou jy ’n kleurweergawe in hoë resolusie benodig, stuur gerus ’n e-pos en ons stuur dit.

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui