Die belangrikste boodskap wat ons in 2 Timoteus kry is die opdrag om as dienaars te leef. In hierdie brief, wat Paulus aan Timoteus skryf, wys Paulus hom hoe hy as dienaar Jesus Christus nagevolg het. Timoteus kry die opdrag dat hy op dieselfde wyse moet leef.
Dienaarskap begin by die verlossing van die Here. Ons was slawe van die sonde wat tot die ewige dood lei. Met sy kosbare bloed koop Jesus Christus ons uit die slawerny los. Só word jou lewe gered. Van nou af behoort jy nie meer aan jouself nie. Jy is die eiendom van Christus wat jou gekoop het. Daarom moet jy jou lewe leef soos Hy dit van jou vra.
Die wonderlike is dat Jesus Christus reeds die voorbeeld vir ons gestel het. Hy is die Dienaar wat sy lewe afgelê het. Dit is wat Hy van jou ook vra: om as gelowige te dien. Jy moet ‘n dienaar wees. Hy gee jou ook sy Heilige Gees, en die nodige krag, om dit uit te leef.
Mag die Here hierdie boekie op so ’n wyse gebruik dat jy as dienaar jou lewe vir Hom sal gee!
Dié boek is 52 bladsye lank. Jy kan die pdf uitdruk of direk op jou rekenaar of tablet lees. Gebruik die skakels onder hierdie instruksies om die boekie af te laai. Kies tussen die volkleurboekie en die swart-en-witboekie:
Wenk vir drukwerk: Gebruik die drukker se booklet-opsie. Dié boek is uitgelê as ’n A5-grootte, wat beteken dat hierdie boekie van 52 bladsye dan net 13 bladsye sal gebruik wat weerskante gedruk word. Sou jy ’n kleurweergawe in hoë resolusie benodig, stuur gerus ’n e-pos en ons stuur dit.