Ken jy hierdie mense in die Bybel?

Toets jou Bybelkennis met hierdie leidrade. Weet jy wie elkeen van hierdie mense in die Bybel is? Gebruik die wenke om jou te help. Lees eers die antwoorde onder as jy al 10 leidrade klaar gedoen het!
Jy kan die vrae hier onder lees, of die pdf aflaai om uit te druk.



  1. Ek was in ’n leeukuil. Wenk: Ons lees dié verhaal in ’n Bybelboek met dieselfde naam.
  2. Toe ek net agt jaar oud was, het ek ’n koning geword. Wenk: Lees 2 Kronieke 34:1.
  3. Ek het koringare opgetel vir my skoonma, Naomi. Wenk: Die boek waarin jy van my lees, het my naam en ek is later met Boas getroud.  
  4. Ek het Israel uit Egipte gelei. Wenk: Lees Eksodus 3:10-12.
  5. Ek het ’n ark gebou omdat die Here my so beveel het. Wenk: Lees Genesis 6:13
  6. Ek is deur ’n groot vis ingesluk. Wenk: Die Here het my na Nineve toe gestuur, én daar is ook ’n boek met my naam.
  7. Ek was ’n dokter. Wenk: Lees Kolossense 4:14.
  8. Ek het die Here se stem gehoor toe ek nog klein was. Wenk: Ek het gedink dit is Eli wat na my roep. Daar is twee Bybelboeke met my naam in!
  9. Ek het baie reise onderneem om die evangelie te verkondig. Wenk: Lees Handelinge 13:13-14.
  10. Ek het Jesus verraai. Wenk: Lees Matteus 26:47-49.

Antwoorde: 1. Daniël 2. Josia 3. Rut 4. Moses 5. Noag 6. Jona 7. Lukas 8. Samuel (1 Samuel 3) 9. Paulus 10. Judas

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui