Leer mekaar met dié speletjies ken
Keuses, keuses, keuses
- Kies een van twee opsies (bv. Coke of Fanta?)
- Verdeel in groepe volgens keuse.
- Leer soveel mense moontlik se name, en hoor hoekom hulle dié keuse gemaak het.
- Wag vir volgende vraag, maak weer keuse en verdeel (nou is daar al vier groepe).
- Leer name, ensovoorts … Herhaal!
Musical chairs
- Maak ’n sirkel met die stoele na binne.
- Elkeen sit op ’n stoel.
- Diegene wat in die middel oorbly, moet drie dinge van hulleself sê:
- Naam
- Waarvandaan jy kom
- Iets interessants wat ons moet weet
- Diegene in die middel besluit watter persone moet ruil (bv. almal wat plakkies aan het).
Speed dating
- Maak lang ry(e) met stoele teenoor mekaar.
- Al die dames sit aan een kant van die ry(e), en bly dwarsdeur die speletjie sit.
- Die manne sit elkeen teenoor ’n dame, maar roteer wanneer dit so aangekondig word.
- Opset:
- Leer mekaar se name.
- ’n Onderwerp verskyn op die bord.
- Die dames moet die voordele van die onderwerp argumenteer, en die manne die nadele.
Massa stomstreke
- Manne kies 5x deelnemers, en dames 5x.
- Deelnemer staan met sy rug na die skerm.
- Op die skerm verskyn ’n woord wat sy geslag deur stomstreke (charades) moet uitbeeld.
- Elke deelnemer kry 30 sekondes om so veel as moontlik woorde reg te raai.
- Geslag wat meeste kry, wen!
Laai hier ‘n PowerPoint-dokument af met idees vir hierdie speletjies.
2 Kommentare
Carolina · Oktober 5, 2016 by 9:27 vm
Baie dankie vir die speletjies. Ons het nie altyd tyd om kreatief te dink nie – hierdie is kraakvars, positief en gaan ure se pret wat lank onthou word verskaf.
Speletjies: Ysbrekers en Speletjies | · Augustus 7, 2017 by 8:37 nm
[…] http://www.gkjeug.co.za/kenmekaarspeletjies/ […]