In hierdie 20 Bybelstudies bestudeer jy al 16 hoofstukke van die boek Romeine. Romeine bestaan uit drie afdelings: sonde, verlossing, en dankbaarheid. Volgens hierdie afdelings word die evangelie van Jesus Christus deeglik uiteengesit, net soos Paulus daaroor geskryf het.

Romeine was deur die eeue ‘n bron van groot troos en hoop vir baie gelowiges. Ons weet dat jy God se werk en sy groot genade beter sal ken nadat jy deur hierdie Bybelstudies gewerk het.
Kies tussen die volkleurboekie en die swart-en-witboekie.
Dié boek is 72 bladsye lank. Jy kan die pdf uitdruk of direk op jou rekenaar of tablet lees.
Wenk vir drukwerk: Gebruik die drukker se booklet-opsie. Dié boek is uitgelê as ’n A5-grootte, wat beteken dat hierdie boekie van 68 bladsye dan net 18 bladsye sal gebruik wat weerskante gedruk word.
0 Kommentare