- Maak seker dat alles wat aangepak word altyd herlei kan word na die evangelie.
- Moenie in die eerste plek fokus op programme nie, maar op verhoudinge.
- Moenie net fokus op kennisoordrag nie; betrek die jeug se kop, hart én hand.
- Eerder kwaliteit as kwantiteit.
- Ouers speel losweg die grootste rol in kinders se geloofsvorming. Fokus op die toerusting van ouers sodat hulle hulle kinders teoreties en prakties kan toerus.
- Die jeug het wonderlike gawes ontvang. Rus hulle toe om hulle gawes te ontgin.
- Maak die jeug reeds van vroeg af betrokke by eredienste en gemeente-aktiwiteite.
- Die jeug wil iets vir ander gaan doen. Skep vir hulle die geleentheid om uit te reik in hulle gemeente en gemeenskap.
- Die geheim van voor- en laerskoolbediening lê in die betrokkenheid van die ouers.
- Hoërskooljeug word wonderlik bereik deur naskoolse jongmense wat as mentors optree.
- Moedig naskoolse jeug aan om ’n Bybelstudie- of Kleingroep te begin waar hulle op gereelde basis saamkom om saam te leer en te groei en te doen.
- Maak seker die jeug weet van al die verskillende kampe en uitreike wat gereël word, en van al die leesstof wat daar vir hulle geskryf word (kruispad.net; www.gkjeug.co.za; Kruispad-tydskrif op Facebook).