Voorbereiding vir die bou van die tempel

Lees 1 Kronieke 22:2-19.

  • Wat merk jy op uit hierdie gedeelte wat vir jou bekend klink?
  • Watter belangrike vergelyking kan jy uit hierdie gedeelte tref? Gebruik vers 5 as leidraad.

1 Kronieke 22:5

Dawid het gesê: “My seun Salomo is nog jonk en sag, en die huis wat vir die Here gebou gaan word, moet indrukwekkend groots wees, ‘n roem en ‘n sieraad vir alle lande. Daarom tref ek maar vir hom die voorbereidings.” So het Dawid voor sy dood ‘n groot hoeveelheid materiaal gereed gemaak.

  • Wat was hierdie gebou wat Salomo moet oprig?
  • Hoe beskryf vers 5 hierdie gebou? Hoe moet hy lyk?
  • Watter rol behoort ons “tempel” vandag te speel?
  • Hoekom het Dawid nie self die tempel gebou nie, al het hy alles gehad wat nodig was om dit te doen?
  • Ietsie vir interessantheid! Wie weet wat Salomo se naam beteken?
  • In hierdie hoofstuk word daar deur Dawid aan Salomo baie duidelik verduidelik wat van hom verwag word in die bou van die tempel. Bestaan daar vir ons ook so duidelike riglyn êrens om te sê wat van ons verwag word met die bou van God se koninkryk? Verduidelik.

Lees weer vers 19.

  • Hoe sou jy sê is hierdie hoofstuk op ons lewens van toepassing?
  • Enige opmerkings of vrae?

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui