Lees Psalm 127.
Kyk na Psalm 127:1-2
- Was is ʼn pelgrim?
- Wie was Salomo?
- Wat is die eerste ding wat jy opmerk uit hierdie gedeelte?
- Hoekom dink jy begin Salomo hierdie “lied”, deur dadelik te sê dat enigiets wat sonder die Here aangepak word, tevergeefs is?
- Uit vers 1 kom daar twee duidelike woorde te vore, naamlik: bou en beskerm. Wat leer hierdie twee woorde jou oor die karakter van God?
- Wat kan jy in hierdie twee verse raaksien wat die Here alles vir ons gee?
- Watter dinge doen jy in jou lewe waar God nie saam met jou bou nie? Hoe kan jy vir God toelaat om dit te bou?
Kyk na Psalm 127:3-5
- Wat staan vir jou uit in hierdie verse?
- Hoekom dink jy sê die skrywer in vers 5 dat mens nie hoef te vrees tydens onderhandelinge nie? Lees ook Psalm 128:1.
- Hoe sal dit wat jy hier geleer het van toepassing op jou lewe wees?
- Watter dinge is daar in jou lewe wat vrees by jou wek? Hoe weet jy sal die Here jou ook daarin help?
Laai hierdie Bybelstudie as ‘n Word-dokument af.
0 Kommentare