As die Here die huis nie bou nie

Lees Psalm 127.

Kyk na Psalm 127:1-2

  • Was is ʼn pelgrim?
  • Wie was Salomo?
  • Wat is die eerste ding wat jy opmerk uit hierdie gedeelte?
  • Hoekom dink jy begin Salomo hierdie “lied”, deur dadelik te sê dat enigiets wat sonder die Here aangepak word, tevergeefs is?
  • Uit vers 1 kom daar twee duidelike woorde te vore, naamlik: bou en beskerm. Wat leer hierdie twee woorde jou oor die karakter van God?
  • Wat kan jy in hierdie twee verse raaksien wat die Here alles vir ons gee?
  • Watter dinge doen jy in jou lewe waar God nie saam met jou bou nie? Hoe kan jy vir God toelaat om dit te bou?

Kyk na Psalm 127:3-5

  • Wat staan vir jou uit in hierdie verse?
  • Hoekom dink jy sê die skrywer in vers 5 dat mens nie hoef te vrees tydens onderhandelinge nie? Lees ook Psalm 128:1.
  • Hoe sal dit wat jy hier geleer het van toepassing op jou lewe wees?
  • Watter dinge is daar in jou lewe wat vrees by jou wek? Hoe weet jy sal die Here jou ook daarin help?

Laai hierdie Bybelstudie as ‘n Word-dokument af.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui