Julle is die gebou van God

Lees 1 Korintiërs 3:9-23.

1. Wat noem Paulus die gemeente van Korinthe, volgens verse 9 en 16?

2. Wat is die belangrikste deel van ʼn gebou?

3. Wie is ons fondament volgens Paulus en wat dink jy is die implikasie daarvan?

4. Wat is die verskil in die boumateriaal in vers 12? Watter sal hou en watter sal nie hou nie?

5. Wanneer sal dit duidelik word wie se werk nie gehou het nie?

6. Wat gebeur met altwee persone – die een wie se bouwerk bly staan en die een wie se bouwerk verbrand word?

7. Lees weer vers 16 en 17. Watter betekenis het hierdie verse vir elkeen van ons? Daar is baie, noem so veel as wat jy kan.

8. Wat beteken dit dat jou liggaam ‘n tempel is?

9. Wie het daardie tempel gebou?

10. Wat doen mense om hul liggame te beskadig?

Lees weer vers 18.

1. Wat bedoel Paulus daarmee dat ons weer dwaas moet word?

2. Som verse 21 en 23 op in jou eie woorde deur te sê wat jy dink Paulus in hierdie verse bedoel.

3. Wat kan jy doen om meer op God te vertrou?

4. Wat beteken dit vir jou dat jy aan Christus behoort?

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui