Ons gaan hoofsaaklik kyk na die brief aan die Filippense. Die stad Filippi het op ’n heuwel hoog bokant ’n pragtige vallei gelê. Dit was ’n ryk en welgestelde stad, want dit het in ’n goudstreek gelê. Dit was ’n stad vol afgetrede Romeinse staatsamptenare en soldate wat Latyn gepraat het en ’n goeie pensioen uit Rome ontvang het.
Dit was ongeveer in die jaar 50 n.C. toe daar deur die werk van Paulus ’n gemeente gestig is. Hy het hierdie gemeente weer op sy derde sendingreis besoek. Nou skryf hy hierdie brief.
Lees: Filippense 4:1-22
Deel julle gedagtes met mekaar oor die volgende vrae:
- Waaroor is jy tans die blyste?
- Wat maak jou gelukkig?
- Waaroor bekommer jy jou die meeste?
- Waarin soek mense hulle blydskap en lewensvreugde gewoonlik?
- Wat leer die flieks ons – wat maak ons gelukkig?

Fokus op vers 11 en 12 en praat oor die volgende vrae en stellings:
- Wat leer julle uit Paulus se omstandighede? Onthou ook dat hy in die tronk was toe hy hierdie brief geskryf het.
- Bespreek: ”Besittings en omstandighede kan nie lewensvreugde waarborg nie”. (Ken jy iemand wat skatryk maar bitter ongelukkig is?)
- Beteken dit dat ‘n gelowige niks mag besit nie, of dat hy altyd moet swaarkry? (Vergelyk Prediker 5:9 met vers 17).
- Hoekom soek mense dan dikwels hulle lewensblydskap en vreugde in besittings en die genietinge van die wêreld?
Waar moet gelowiges hul lewensvreugde soek en vind?
Lees Filippense 4:4 en 9-11 en bespreek die volgende vrae:
- Waar vind die gelowige lewensblydskap? Hoekom is vers 4 ’n opdrag?
- Die Naam ”Here” beteken letterlik: Koning, baas of eienaar. Wat sê dit vir jou op die vraag: Wie is dan in beheer van my lewe en wat beteken dit vir alle omstandighede in my lewe?
- Paulus het ten spyte van sy omstandighede geleer om vergenoeg te wees. Wat beteken dit en hoekom verander hierdie lewenskuns ons uitkyk op ons omstandighede?
- Dink aan al jou bekommernisse. Wat is die grootste dief in jou lewe van jou vreugde?
- Hoekom kan jy steeds vreugdevol lewe? Kyk wat leer hierdie Skrifgedeeltes jou oor God: Romeine 8:31-32 en Filippense 4:19.
- Lees Spreuke 10:22 en 1 Timoteus 6:17 en praat oor die volgende stelling: ”Lewensvreugde word nie gebou op gawes nie, maar op die Gewer van die gawes”.
Wat het jy uit dié Bybelstudie geleer?
Vat die kernwaarheid van hierdie Bybelstudie saam in ’n sin of twee.
Dit is intetesant n geesvervuld