Die koninkryk van die hemele

Nege Bybelstudies oor die koms van die koninkryk van die hemele soos wat dit in die Evangelie volgens Matteus geskryf is.

Klik op hierdie foto om die pdf af te laai en as ’n A5-boekie te druk.

Hierdie boekie is opgestel deur ds. Hendrik Verryn en is op die jonger jeug gemik. In nege Bybelstudies met vrae, oor gedeeltes uit Matteus, leer kinders meer oor die koninkryk van die hemele.
Dié Bybelstudies kan gedruk word as ’n A5-boekie en daar is genoeg plek om die antwoorde daarop neer te skryf.



Hier is die name van elke Bybelstudie soos dit in die inhoudsopgawe is:

  1. Jesus is die Koning (deel 1)
  2. Jesus is die Koning (deel 2)
  3. Jesus verkondig ’n nuwe lewe vir ons – bekering
  4. Jesus verkondig ’n nuwe lewe vir ons – genesing
  5. Jesus sê ons moet volmaak wees soos ons hemelse Vader
  6. Johannes die Doper en Jesus die Christus
  7. Die getuienis van Jesus as die Christus
  8. Ons is deel van die huisgesin van God
  9. Jou geloof in Jesus moet vrugte dra

Ons hoop dat julle hierdie boekie kan gebruik! Laat weet gerus indien jy aan nog ’n tema kan dink wat jy in so boekie sal wil sien.

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui