Beoordeel jou lewe deur Rut

“Wat vertel jou storie?” is ’n kort boekie wat die verhaal van Rut bestudeer. Deur dié boekie kry jy geleentheid om jou eie lewe te ondersoek.

Daar is vier afdelings:
1. Besluite bepaal jou storie
2. Jou held bepaal jou storie
3. God skryf ’n liefdesverhaal
4. God skryf die laaste hoofstuk

Aan die einde het jy plek om die storielyn van Rut op ’n tydlyn neer te pen en daarna ook ‘n tydlyn van jou eie lewe te voltooi. Beoordeel dan hoe jóú lewe lyk.

Wenk: Die boekie is spesiaal ontwerp om as ’n A5-boekie te druk. As jy dit uitdruk kies die “booklet”-opsie en dan “both sides” om dit in ’n boekie te vorm. As jou drukker dit nie kan doen nie, geen probleem! Jy kan dit in A4- of A5-formaat druk.

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui