
Hierdie werksboek oor Dienaarskap bevat 11 Bybelstudies, inkleurprente en idees vir speletjies. Elke Bybelstudie het ‘n vers om te memoriseer.
Hier is die titels van die Bybelstudies:
1 Gelowiges streef daarna om te dien.
2 God is ‘n dienende God.
3 Die Here vra ons om as goeie leiers mekaar te dien.
4 Hoekom moet ek ander dien?
5 God het ons gemaak sodat ons goeie werke kan doen.
6 Hoe moet ‘n dienskneg optree?
7 Hoe lyk die nederige dienskneg?
8 Daar is net ware vryheid in Christus.
9 Lyding in ‘n gelowige se lewe.
10 Deel 1: Hoe om God en jou naaste met jou hele lewe te dien.
11 Deel 2: Hoe om God en jou naaste met jou hele lewe te dien.
Wenk: Die boekie is spesiaal ontwerp om as ‘n A5-boekie te druk. As jy dit uitdruk kies die “booklet”-opsie en dan “both sides” om dit in ‘n boekie te vorm. As jou drukker dit nie kan doen nie, geen probleem! Jy kan dit in A4- of A5-formaat druk.
One comment